Skrywers wie se boeke deur die uitgewer Naledi uitgegee is, het onlangs saamgekuier.

Jannes Erasmus, bemarker van Naledi, sê dié blye weersiens op 16 Julie was ‘n onbeplande geleentheid.

“Ons wou die skrywers en mense wat deel van Neledi in Bloemfontein vorm, bymekaarbring.

“‘n Mens vergeet die belangrikheid van interaksie, geselskap in die vlees,” meen Erasmus.

Op Naledi-uitgewers se skrywersgeselligheid in Bloemfontein is van links, voor: Jannes Erasmus (Naledi); agter: Carla van der Spuy; Neil Cochrane; Jannie Pretorius, Frik de Jager; Johan Coetzee (Naledi); Johann Rossouw en Joanita Erasmus-Alt. Foto’s: Lientjie Mentz

Van die skrywers wat op die geleentheid saamgekuier het, en boeke wat onder Naledi uitgegee is, is Carla van der Spuy (Waar oos & wes ontmoet), Frik de Jager (StorieKos), Zarine Roodt (‘n Dagreis ver) en Jan Pretorius (Stil gesprek). Vernietig, die vertaling deur Johann Rossouw van Michel Houellebecq se Anéantir, is ook deur Naledi uitgegee.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article