Die skuts in die A-span van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewarings­vereniging (SAJWV) se Bloemfontein-tak is van links Leon Fourie, Nils Kotze, Chris de Waal en Gerhard Coertzen.Foto: Verskaf


Van die land se topskuts het die naweek op die Meerkat-skietbaan by Soutpan aangelê vir die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewarings­vereniging (SAJWV) se kompetisies.

Dit is deur die Vrystaat-Sandveldtak aangebied.

Vanjaar het 184 skuts van oor die land heen aan die kompetisies deelgeneem.

Die 50 spanne wat ná die streekkompetisies, waarin die 83 takke meegeding het, as topspanne aangewys is, het sake Vrydag (18/08) uitgespook. Die A-span van die Bloemfontein-tak, bestaande uit Leon Fourie, Nils Kotze, Chris de Waal en Gerhard Coertzen, het ’n uitstekende sesde plek behaal.

Saterdag is die presidentskiet­kompetisie aangebied, waaraan 140 skuts individueel in verskillende afdelings deelgeneem het. Nic Joubert van Warrenton was die topskut in dié kompetisie, met die Bloemfonteiner Coertzen wat ’n 20ste plek ingeneem het.

You need to be Logged In to leave a comment.