Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) en Band of Brothers in Bloemfontein doen op Saterdag 23 Maart opruiming op die Sannaspos-slagveld langs die Thaba Nchu-pad buite die stad.
Dit kom nadat Jan-Danie Malan van die FAK Saterdag vir Michiel van der Westhuizen (Band of Brothers), Lambertus van Rensburg en Jeronimo Conradie (albei van die Ou Presidensie- Historiese Vereniging) gehelp het om die ABO-begraafplaas by Memorium netjies te maak.
Malan rig die uitnodiging dat enigeen hulle Saterdag by hulle aan kan sluit om te help.