Van links is Duncan Pentz (mede-eienaar van Pick n Pay Preller Walk en Pick n Pay Reizis Square, borge van die kompetisie), Janet Coetzer (wenner van Renault Kwid van Pick n Pay Preller Walk) en Bryce Ferreira (wenner van Renaut Kwid van Pick n Pay Reizis Square). Foto: Lientjie Mentz


Daar was Maandag (07/11) algehele verslaentheid en groot vreugde toe twee kompetisie­deelnemers elk ’n splinternuwe Renault Kwid wen.

Bryce Ferreira, bestuurder en mede-eienaar van The Social Food Club by Reizis Square, kon sy oë nie glo toe die sleutel wat hy getrek het die motor geborg deur Pick n Pay Reizis Square oopsluit nie.

“Ek het nog nooit so ’n groot geskenk gekry nie,” het Bryce gesê oomblikke nadat sy sleutel die motor aangeskakel het.

Kort daarna het die sleutel wat Janet Coetzer getrek het, die deur van die Renault Kwid geborg deur Pick n Pay Preller Walk oopgesluit.

Die trekking het Maandag plaasgevind nadat reën Vrydag verhoed het dat Carols with the Stars met die Drakensbergse Seunskoor en Ruan Josh as gaskunstenaars kon plaasvind.

Klante van die twee winkels kon die afgelope twee maande hul besonderhede agterop hul inkopiestrokie skryf en dit in spesiaal gemerkte houers voor die Pick n Pay-winkels plaas. Die kompetisie het Donderdag gesluit.

Tien finaliste (vyf vir Preller Walk en vyf vir Reizis Square) is Maandagoggend uit die duisende inskrywings onder toesig van Delia Mc Lean van Core Audit getrek en die finaliste is gekontak om die trekking om 18:00 by Preller Walk by te woon.

Op dié geleentheid Maandag het Duncan Pentz, mede-eienaar van die twee winkels, almal bedank wat ’n aandeel in die reëlings gehad het.


Bloemnuus
en Radio Rosestad was die mediaborge, en die konsert sou op die Laerskool Willem Postma se terrein aangebied word.

Op die geleentheid Maandag het Pentz ’n skenking van R10 000 oorhandig aan Sentraal24 en Volksblad se Kersfonds, asook skenkings van dieselfde bedrag aan die Siya Thakoza-stigting, Radio Rosestad se Gee-projek en die Bloemfonteinse DBV.

Hy het die publiek genooi om nog tot Vrydag blikkieskos en nie-bederfbare kos vir hierdie liefdadigheidsorganisasies te skenk, asook kos en komberse vir diere by die DBV.

Dit kan in houers voor Pick n Pay Reizis Square asook Pick n Pay Preller Walk geplaas word. Dit sal daarna onder die liefdadigheidsorganisasies verdeel word.

You need to be Logged In to leave a comment.