Smile-week vind hierdie week by die Universitas- Akademiese Hospitaal plaas. Een van die kinders wat vandeesweek weer deel van die week is, is Kananelo Mokoena (11) van Sasolburg wat rekonstruktiewe chirurgie ontvang. Tydens die vorige Smile-week in September verlede jaar is twee weefsel-uitdyers in sy skouer en bors ingeplant, wat nou gebruik gaan word om die letselweefsel aan sy nek te vervang sodat hy vir die eerste keer in jare weer sy nek vrylik kan beweeg. Hier verduidelik dr. Nikita Blake, senior rekonstruktiewe chirurg by Universitas hoe die rekonstruksie werk. Die woordvoerder van die Departement Gesondheid Mondli Mvambi kyk toe. Lees die volledige berig op BloemNuus se gratis blad op Netwerk24. Foto: Lientjie Mentz