Die De Oude Kraal-landgoed se gewilde WildsKOSfees vind vanjaar op 10 Junie plaas.
Om almal in die stemming vir dié spesiale Vrystaatse fees in die hartjie van die winter te kry, gaan Bloemnuus weer ’n paar van kos-ghoeroe van De Oude Kraal, Marie Lombard, se resepte met lesers deel.
Almal wat al by die WildsKOSfees was, weet dit verg enorme voorbereiding om al die wildsvleis wat onder meer springbok, rooibok, krokodil, gemsbok, eland, vlakvark, koedoe, volstruis, blesbok, takbok en bosbok insluit, gereed te kry. Terwyl Marie en haar span die voorbereidings doen, kan lesers tuis ook ’n paar van die resepte uitprobeer.
Hier is Marie se gemsbokworsresep met songedroogde tamaties:
Jy benodig:
- 15 kg gemsbokblokkies sonder senings
-
4 kg bees
-
5 kg vark vleis
-
4 kg spek
-
400 ml koljander geroosterd en gemaal
-
145 ml sout
-
45 ml swartpeper
-
35 ml naeltjies
-
25 ml neutmuskaat – sit meer neut in as jy verkies
-
650 ml bruin asyn
-
300 ml hawermout
-
2,5 salpeter
-
300 g songedroogte tamaties
-
Maal nou al die bestanddele grof en stop die wors.