Steenvrugte is hier vanaf Oktober oorvloedig in Suid-Afrika. Van dié vrugte is vars perskes, nektariens en pruime beslis onder die gewildste.
Nie net is dié vrugte lekker vars en gesond nie, dit gee heerlike geure aan geregte.
Hier is Zola Nene van Juicy Delicious se resep van nektarien-gevulde varkvleis – perfek vir hierdie heerlike warm lentedae.
Die resep lewer vier porsies.
Jy benodig:
-
1 nektarien, fyngekap;
-
¼ koppie broodkrummels;
-
1 knoffelhuisie, gekap;
-
1 eetlepel gekapte, vars tiemie;
-
1 teelepel paprika;
-
¼ koppie fyngekapte spinasie;
-
50 g botter, gesmelt;
-
sout en peper;
-
400 g varkfilet;
-
slagterstou;
-
2 eetlepels olyfolie; en
-
1 koppie water
Maak nou só vir die vulsel:
Meng die gekapte nektarien, broodkrummels, knoffel, tiemie, paprika, spinasie en botter in ’n bak, geur met sout en peper na smaak.Maak die varkfilet skoon deur enige oortollige vet en sening te verwyder.Maak ’n gleuf in die lengte in die varkfilet, sny dan langs daardie gleuf die filet oop en maak dit aan albei kante plat.Gebruik ’n vleishamer om die filet verder plat te slaan.Geur die varkvleis met sout en peper, plaas dan die vulsel op die oppervlak van die platgedrukte varkvleis, rol – van die een kort punt na die ander – om die vulsel te omhul.Gebruik slagterstou om die rol vas te maak.Geur die buitekant met sout en peper.Verhit olyfolie in ’n pan en braai dan die vleis aan alle kante tot goudbruin.Voeg water by die pan, bedek met ’n deksel en prut vir 10 minute, of tot die vark gaar is. Haal uit die pan, bedek met foelie en laat rus vir 10 minute voor jy dit in skywe sny en bedien.