Smulkos, spogwyn en pret in een kraal

Terwyl die vleisbraaivure op Saterdag 8 Junie die eerste koue van die winter verdryf, gaan besoekers kan smul aan die heerlikste wildskosgeregte wat die Vrystaat kan bied.


Terwyl die vleisbraaivure op Saterdag 8 Junie die eerste koue van die winter verdryf, gaan besoekers kan smul aan die heerlikste wildskosgeregte wat die Vrystaat kan bied.

De Oude Kraal se immergewilde WildsKOSfees gaan ’n feesmaal bied vir almal wat goeie kos en wyn geniet.

Proe wyn van 21 van die land se beste wynlandgoedere – van Spier tot Strandveld, en van Leeuwenkuil tot Nabygelegen.

Gerhard Lombard van De Oude Kraal sê wat die wynproe hier so besonders maak, is dat die eienaar of wynmaker self op die fees is. Besoekers sal die wyn waarvan hulle die meeste hou in die wyntent kan koop.

Boonop sal 22 verskillende kosstalletjies ’n wye verskeidenheid wildskosgeregte, maar ook geregte van skaap, vark, vis, hoender en vark, bedien. By elke stalletjie is daar geregte wat gaste gaan laat vra vir nog.

Alles gaan ook nie net oor eet en drink nie – vir almal is daar prettige aktiwiteite.

Kinders kan uitsien na perdry en trekker-en-wa-ritte, terwyl daar vir die ouer kinders en ouers ook die geleentheid is om te skiet met ’n .22- of jaggeweer en daar ook deelgeneem kan word aan kleiduifskiet en die gewilde bokkuttelspoeg-kompetisie.

Daar is ook ’n gholfputjie waar mans en vroue hul slag kan wys.

Besoekers wat Saterdag op vanjaar se De Oude Kraal WildsKOSfees ’n draai maak, kan daarna uitsien om wyn van 21 van die land se beste wynlandgoedere te proe.

Pryse is op die spel vir mededingende aktiwiteite.

Die hoofkunstenaar is Dodo, terwyl ander musikante besoekers ook met vrolike klanke sal vermaak.

Onthou ook om ’n draai te gaan maak in die De Oude Padstal, waar vleisprodukte soos sosaties en wors uit De Oude Kraal se kombuis aan die publiek te koop aangebied word.

Kaartjies is teen R595 beskikbaar by die Delta-drankwinkel in Westdene, Crazy Daisy in Fleurdal Mall en Daisy and Co in Prellerplein, of koop ’n kaartjie aanlyn op deoudekraal.com/product/wildskosfees/.

Kinders sewe tot 12 jaar se kaartjies kos R100, en kinders ses jaar en jonger kry gratis toegang.

Besoekers moet kaartjies vooraf koop om toegang tot die WildsKOSfees te kry. Die hekke open om 10:00.

  • BloemNuus is die gedruktemediaborg van vanjaar se WildsKOSfees.

Nog ’n lekker aktiwiteit is die geleentheid vir gaste om op die plaas na teikens te skiet.Foto’s: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.