Kom geniet ’n heerlike lentedag op Saterdag 5 Oktober by Villa Avianto se Franse Mark.
Gaste kan uitsien na pragtige juweliersware, die allerheerlikste eetgoed, klere en ’n verskeidenheid dekorware vir die huis op dié besonderse mark.
Die oggend begin om 09:00 met die opgewekte klanke van die Bloemfontein-marimbas.
Nuwe, oulike hand-vervaardigde huisies, kuns en geverfde produkte is onder die nuwe uitstallers.
Oor middagete tree Herman Smith en Tarien Brooderyk op en gaste sal kan smul aan kaasborde en die heerlikse Kaapse wyn.
Die gewilde klein spitbraai-hoendertjies is op die spyskaart en kom proe gerus Villa Café se kaaskoek-brownies.
Suretha van Heerden, organiseerder van die mark, glo aan gehalte-produkte as dit kom by die keuse van uitstallers. Dit is een van die uitsonderlike eienskappe van dié markte.
Toegang kos R30.