Die Pick-a-Potjie-potjiekoskompetisie word op Saterdag 25 Mei deur Pick n Pay Reizis Square ten bate van die Laerskool Dr. C.F. Visser by dié skool in Estoire aangebied.
Die hekke open om 07:00 vir die potjiekosmakers, en gaste kan kom kyk hoe 15 spanne dit uitspook om die beste potjiekos te maak.
Benewens die potjiekos wat van ongeveer 12:00 af teen R40 ’n bakkie verkoop gaan word, is daar ook pret vir die kinders en talle stalletjies waar verversings verkoop sal word.
Die vermaak vir die dag word verskaf deur die broers van Karoo.
Kinders sal kan deelneem aan ’n braaibroodjie-kompetisie teen R20, en daar is ’n pretpark waar kinders heeldag kan baljaar teen R50.
Belangstellendes moet seker maak dat hulle ’n kaartjie het vir die beesdrop-kompetisie wat altyd groot pret verskaf.
Gaste kan ook ’n R20-Tupperware-lootjie koop om die kans te staan om ’n prys van R2 500 te wen.
Ander vermaak word verskaf deur Dr. C.F. Visser se kunswedstryd-groepe, ’n sweepslag deur Bianca van der Merwe en die Bloemfontein Scottish Marching Band.
Kinders kan ook perderitte onderneem.
Die borge Pick n Pay Reizis Square, BloemNuus en Radio Rosestad maak ook elk ’n groot pot waarvan gaste sal kan eet.