Die skooljaar vir 2022 is in volle gang.
Leerlinge in die kusgebiede – die Oos-Kaap, Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en die Noord-Kaap – het op 19 Januarie agter die skoolbanke ingeskuif.
Leerlinge in die binneland – Gauteng, die Vrystaat, Mpumalanga, Limpopo en Noordwes – moes reeds op 12 Januarie vir onderrig aanmeld.
Chris Klopper, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) sê 2022 se kalender voel meer soos ’n normale skoolkalender en die vakbond is tevrede.
Die datums vir die skoolkwartale vir 2022 soos deur die nasionale departement van basiese onderwys vasgestel, volg hier.
Kusgebiede
- eerste kwartaal: 19 Januarie tot 25 Maart;
- tweede kwartaal: 5 April tot 24 Junie;
- derde kwartaal: 19 Julie tot 30 September; en
- vierde kwartaal: 11 Oktober tot 14 Desember.
Binneland
- eerste kwartaal: 12 Januarie tot 17 Maart;
- tweede kwartaal: 5 April tot 24 Junie;
- derde kwartaal: 19 Julie tot 30 September; en
- vierde kwartaal: 11 Oktober tot 14 Desember.