Die Rhapsody-orkes gaan die gehoor meevoer met die musiek van Mozart in dié orkes se eerste konsert van die jaar.
Onder leiding van Heinrich Lategan gaan die orkes op Saterdag 15 Maart klassieke musiek in Mozart-meesterstukke speel.
Die Sopraan Emily Dangwa gaan by die orkes aansluit vir drie solo-optredes. Die openingswerk is die ouverture van The Impressario, Mozart se vrolike komiese opera.
Die program sluit ook Emily se uitvoering van Exsultate Jubilate in, ’n motet wat die volle virtuose omvang van ’n sopraanstem tentoonstel.
Heinrich sê die konsert bied vir nuwelinge en ervare konsertgangers die geleentheid om Mozart se geniale musiekvorms te geniet. Die vertoning begin om 19:00 in die Odeion op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat. Kaartjies kos R100 of R50 en is op quicket.co.za beskikbaar.