Mense met sonkrag gaan van 1 April meer vir Eskom-krag betaal.

‘n Kragskok wag op huishoudings wat van sonkrag gebruik maak.

Eskom het besluit huishoudings met sonkragstelsels sal voortaan meer vir hul krag moet opdok.

Dr. Wynand Boshoff, die VF Plus se parlementslid en woordvoerder oor energie, sê die stap kan begryp word, maar dit gaan waarskynlik die teenoorgestelde uitwerking hê as waarop Eskom hoop.

“Huishoudings wat sonkragstelsels kan bekostig, gaan neig om eerder batterye by te koop en hulself van die netwerk te verwyder,” meen Boshoff.

Mense met sonkrag gaan van 1 April meer vir Eskom-krag betaal.

Boshoff sê Eskom se probleem is dat sy opwekkingsvermoë groot genoeg moet wees om kragverbruik in piektye te voorsien. Steenkoolkragstasies, steeds die grootste deel van Eskom se opwekkingsvermoë, kan nie op of af gestel word na gelang van kragbehoeftes nie.

As alles by Eskom goed werk en tipiese piekverbruik is 50 GW, moet Eskom dit en genoeg vir ‘n veiligheidsfaktor dwarsdeur die dag produseer. Piektye is van omstreeks 06:00 tot 08:00 en van 17:00 tot 20:00.

“Die res van die dag gaan oortollige krag verlore.”

Sonkragstelsels lewer die meeste krag van 10:00 tot 15:00, juis wanneer Eskom met minder moeite aan die behoefte kan voldoen.

“As Eskom gedurende die dag daardie krag beskikbaar het, kan hy dit steeds nie aan kliënte met sonkragstelsels verkoop nie. Oor piektyd verwag sulke kliënte wel dat Eskom-krag beskikbaar moet wees, wat beteken dat hulle onder normale omstandighede nie Eskom se las verlig nie, maar tog minder tot die inkomste bydra.”

Boshoff sê Eskom kon die nasionale energiereguleerder, Nersa, oortuig dat dit die mark verwring. Daarom moet sonkrageienaars voortaan meer betaal.

“Die tariefplan wat volgens plan op 1 April in werking tree, kan vir Eskom onmiddellike verligting bring, maar kliënte gaan vinnig die sommetjies maak en liewer heeltemal onafhanklik raak.

You need to be Logged In to leave a comment.