Bestanddele:
* 375 ml bruismeel
* 2 ekstragroot eiers
* 3 groot murgpampoentjies, gerasper
* 2,5 ml van Ina Paarman se roosmaryn-en-olyf-speserye
* 2,5 ml van Ina Paarman se knoffel-en-kruie-speserye (enige groente-spesery sal werk indien nie beskikbaar nie)
* 180 ml melk
* 500 ml gerasperde cheddarkaas
Maak só:
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Spuit die 12 holtes van ’n muffinpan goed met kossproei.
Meng al die bestanddele saam, maar wees versigtig om nie die beslag te oorwerk nie.
Verdeel die mengsel tussen die muffinpanholtes. Die beslag moet sowat twee derdes van elke holte vul.
Bak 20 tot 30 minute of totdat die muffins goudbruin is.
Haal die muffins uit die pannetjie en pak op ’n afkoelrak.
Die eindproduk kan net so geniet word, of saam met roomkaas en fyn biltong voorgesit word.