Span blink op nasionale byeenkoms

Meestersatlete van die Vrystaat het goed gevaar op die Suid-Afrikaanse kampioenskapsbyeenkoms.


Meestersatlete van die Vrystaat het goed gevaar op die Suid-Afrikaanse kampioenskapsbyeenkoms.

Dié geleentheid is van 5 tot 7 Mei in Pretoria aangebied.

Atlete van 14 streke het deelgeneem, met die Vrystaat-span wat die vyfde plek behaal het. Die uitslae van die Vrystaatse atlete is soos volg:

Eerste plekke

  • Maryna Swanepoel (vroue, 35): 5 000 m (20:3.72) en 10 000 m (41:22.26);
  • Bobby de Kock (mans, 75): 400 m (1:53.81), 1 500 m (10:6.14), 200 m (46.28), 2 000 m-hindernis (16:25.09) en 100 m (23.01);
  • Chris Smit (mans, 70): 80 m-hekkies (19.59) en hoogspring (1,10 m);
  • Conradie Scheepers (mans, 50): gewigstoot (15,17 m); en
  • Henk le Roux (mans, 60): driesprong (6,76 m), 300 m-hekkies (1:6.76) en verspring (3,44 m).

Tweede plekke

  • Cresswell van Onselen (mans, 75): diskusgooi (21,37 m) en gewigstoot (7,50 m);
  • Flippie Kotze (mans, 50): 3 000 m-hindernis (13:17.55); en
  • Jan van der Merwe (mans, 35): 100 m (11:44).

Derde plekke

  • Benjamin Senikoane (mans, 50): 1 500 m (4:52.05);
  • Scheepers (mans, 50): diskusgooi (40,99 m);
  • Fanie Cloete (mans, 60): 2 000 m-hindernis (11:46.22); en
  • Smit (mans, 70): hamergooi (22,85 m).

Ander atlete wat die Vrystaat trots gemaak het, is Manda en Hendry Smook.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.