Die jaarlikse brugbou- en waterkompetisie wat deur die Vrystaattak van die Suid-Afrikaanse Instituut van Siviele Ingenieurswese (Saice) aangebied word, is op 23 April by die Loch Logan-waterfront gehou.
Vanjaar se wenner van die brugboukompetisie is ’n span van die Hoërskool Jim Fouché, bestaande uit Mieke Swarts, Lourens van Niekerk en Yvé Kriel.
Die span van die Hoërskool Moemedi is die wenner in die water-kompetisie. Die span het bestaan uit Lepheane Tsoanelo, Lehlohonolo Mokoena en Karabelo Masiea.
Die tweede plek in die brugboukompetisie is ingeneem deur leerlinge aan die Hoërskool Fichardtpark – Dean Lategan, Minke Ronne en Anja Martin – en derde was die Hoërskool Jim Fouché se tweede span, bestaande uit Alex Bezuidenhout, Francois Cloete en Edrich Crowther.
In die waterkompetisie was die Lenyora La Thuto Secondary School se groep bestaande uit Keitumetse Chaka, Makhetha Tsepe en Kagisho Molusi tweede, en die span van die Eunice High School – Aadilah Khan, Abigail Bloem en Fatima Bukhari – derde.