Die groep wat aan die toernooi deelgeneem het, is van links, voor: Lisbi Lategan (tuisonderrig), Carla Lategan (tuisonderrig), Karla Bester, Chanteé King, Rialéne Eksteen (o/14 meisies-onderkaptein) almal van die Hoër Meisieskool Oranje (OMS), Danica Olivier (tuisonderrig), Xavier Branco (Grey-kollege sekondêr), Kaler Rass (tuisonderrig), tweede ry: livia Rudd (Eunice Primary School, Didi Orji (o/15 meisies-kaptein), Kristi Lategan, Esté Erasmus, Yolandi du Plooy en Cristy Warren (almal tuisonderrig), Elri Cloete (OMS), Janelle Botha (tuisonderrig), Aikin Groenewald (Laerskool Fichardtpark); agterste ry: Johannes van Wyk (Grey), Michrus Eksteen (o.19 seuns-kaptein) van Grey, Bruno Burri (afrigter) Malcolm Markram (Grey) Franco van der Merwe (president: Vrystaatse onderwaterhokkiefederasie en afrigter), Ricardo Branco (Grey), Joshua Verster (Saint Andrew-skool), Schalk Maartens (o/19 seuns-onderkaptein) van Grey en Danika Botha (tuisonderrig). Foto: Verskaf
Hoewel die twee Bloemfonteinse spanne ’n moeilike toernooi gehad het, was dit vir hulle ’n goeie ondervinding.
Die o.15-meisiespan en o.19-seunspan het van 31 Maart tot 2 April aan die nasionale onderwaterhokkietoernooi vir juniors deelgeneem. Dié toernooi is in die Generations-swembadkompleks in Somerset-Wes aangebied.
Benewens die spankompetisies waarin albei spanne die sesde plek behaal het, het swemmers ook in die individuele kompetisie meegeding.
Xavier Branco was derde in die oppervlak-naelswemnommer vir seuns o.14, terwyl Yolandi du Plooy die eerste plek in dieselfde nommer vir meisies o. 18 behaal het.
Vier Vrystaatse aflosspanne het ook aan dié kompetisie deelgeneem.
Die o.14-meisiespan, bestaande uit Rialéne Eksteen, Janelle Botha, Elri Cloete en Danica Olivier, was algeheel tweede.
Die o.18-seunspan, met Michrus Eksteen, Schalk Maartens, Ricardo Branco en Johannes van Wyk, was derde.