Spanne kan só pot laat prut

Groot pret met vanjaar se Pick a Potjie-kompetisie ten bate van die Dr. C.F. Visser-skool in Estoire is Saterdag met ’n heerlike bootvaart op die Modderrivier Express in die vooruitsig gestel.


Groot pret met vanjaar se Pick a Potjie-kompetisie ten bate van die Dr. C.F. Visser-skool in Estoire is Saterdag met ’n heerlike bootvaart op die Modderrivier Express in die vooruitsig gestel.

Die borge van dié potjiekos­kompetisie, aangebied deur Pick n Pay Reizis Square in samewerking met die mediaborge BloemNuusen Radio Rosestad, het Saterdag die laatmiddag-bootvaart onderneem.

Wonderlike pryse is op die spel vir die beste potjiekosgeregte wat op die groot dag, op Saterdag 25 Mei, op die skool se sportterrein berei word.

Inskrywing kan van vandag af by Pick n Pay Reizis Square gedoen word, teen R100 ’n pot.

Deelname aan die kompetisie is die perfekte geleentheid om te wys met watter heerlike resepte jy die beoordelaars kan beïndruk.

Benewens die potjiekosgeregte wat die oggend reeds van 07:00 af by die skool berei kan word, gaan daar ook ’n braaibroodjie­kompetisie en pretpark vir die kinders, uitstallers en die gewilde beesdropkompetisie wees.

Die broers van Karoo gaan vermaak verskaf.

Die potjiekos sal op die dag van die kompetisie teen R40 per porsie verkoop word.

Dit gaan ’n gesellige dag vir die hele familie wees.

Inskryfvorms is by Pick n Pay Reizis Square, asook by die skool, beskikbaar.

Skryf jou in of bespreek ’n stalletjie deur ’n e-pos na drcfvisser@gmail.com te stuur, of skakel 063-708-1686.

You need to be Logged In to leave a comment.