Die tweede Amazing Race word vanjaar deur die Gateway-kerk in Bloemfontein aangebied.
Spanne van vier elk gaan Saterdag (24/09) die stad deurkruis om punte bymekaar te maak in ’n poging om dié wedloop teen tyd te wen.
Trix Roux, een van die organiseerders, sê spanlede gaan nie net meer oor die stad leer nie, maar ook tydens die resies hul bydrae maak om gemeenskapswerk te verrig.
Die spanne begin Saterdag om 08:00 by die kerk en gaan die stad invaar om bestemmings volgens leidrade te vind.
Een van die plekke wat die spanne deur die dag gaan besoek, is die Franklin-natuurreservaat in die stad, waar besoekers digitale vertonings oor die hemelruim kan besigtig.
- Die volgende volkoepel-rolprent, Rising Star: A South African Astronomy Journey, asook die aanbieding Beskou die ruimte deur Mariette Erwee in Afrikaans, begin Saterdag om 19:00 in die Naval Hill-planetarium. Kaartjies is op computicket.com beskikbaar.