Die hokkie- en rugbyspanne van die Hoërskool Diamantveld in Kimberley het op Saterdag 18 Mei teen die spanne van die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein meegeding in die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks.
Groot opwinding het geheers toe Diamantveld se rugbyspanne op die veld uitgeblink en die meeste van die wedstryde gewen het.
Sentraal se o.16A-seunshokkiespan het gelykop gespeel teen sy teenstander, met drie punte elk.
Die Bloemfonteiners se o.18B-seunshokkiespan het Diamantveld op sy beurt met 4 – 0 geklop.
Ook Sentraal se o.16A-meisieshokkiespan het gewen, met 2 – 0, en die o.18B-span het sy mededinger met 5 – 0 verslaan.
Diamantveld se netbalspanne moes die naweek in Upington in die Noord-Kaap-liga gaan meeding, en die twee skole se netbalspanne sal later teen mekaar meeding in die Wesgrow-reeks.
Dié naweek vind liga-wedstryde plaas, en die amptelike Wesgrow-reeks word dan ná die skoolvakansie, in Julie, hervat.