Spek is goeie breinkos

Spek is meer as net ’n lekkerte op die bord – dit word ook bestempel as goeie breinkos.


Suid-Afrikaners is darem maar baie lief vir ’n bederf-ontbyt van spek en eiers.

Spek is egter meer as net ’n lekkerte op die bord – dit word ook bestempel as goeie breinkos.

Melindi Wyma, professionele voedselwetenskaplike van Eskort, sê spek word dikwels voorberei as deel van ’n spesiale ontbyt oor naweke. “Dit kan ook ’n belangrike rol speel in ’n gesonde, gebalanseerde dieet.”

Wyma sê spek het voedingswaarde vir die werking van jou brein en geestesgesondheid.

“As jy ’n gebalanseerde hoeveelheid spek eet, bevorder dit belangrike prosesse soos breinontwikkeling, geheue en die vermoë om te leer. Dit is die perfekte toevoeging tot gesinne se oggende, veral met eksamens wat om die draai is.”

Spek is ’n bron van proteïen, vitamien B, magnesium, sink, fosfor en omega 3 en verskaf die drie grootste voedingstowwe wat jou brein ondersteun.

Krag vir die brein

Spek bevat cholien wat ’n belangrike voedingstof is vir breingesondheid, kognitiewe funksie en breinakkuraatheid.

Navorsing toon dat ’n verhoogde inname van cholien deur spek jou brein se prosessering en leerspoed bespoedig, jou geheue verbeter en jou algehele intelligensie bevorder terwyl dit siektes soos Alzheimer se siekte en dementia teenwerk.

In navorsing wat wetenskaplikes aan die Universiteit van Oostelike Finland in 2019 onder 2 500 mans gedoen het, is bevind dat die daaglikse inname van choline die risiko van dementia met sowat 28% verminder.

In nog ’n studie deur die Universiteit van Cornell het navorsers in 2022 bevind dat swanger vroue wat daagliks cholien inneem, se kinders merkbare groei in die kind se kognitiewe ontwikkeling en prestasie toon.

Goedvoel-hormone

Spek is ’n goeie bron van proteïen wat al nege belangrike aminosure bevat. Dié aminosure dien as die boublokke van die vervaardiging van breinselle, breinchemikalieë, neurosenders en hormone – wat alles ’n impak het op ’n mens se gemoedstoestand.

Een voorbeeld is vleis wat ’n goeie bron is van die aminosuur tripofaan, een van die bestanddele wat die liggaam gebruik word om die goedvoel-hormoon serotonien vervaardig. Dit verminder depressie en angstigheid. Gaar spek verskaf o.4 g tripofaan vir elke 100 g wat jy eet, in vergelyking met hoenderborsies of salm wat onderskeidelik 0.35 en o.32 g verskaf.

Verminder depressie-vlakke

Spek bevat hoë vlakke van selenium, met ’n gemiddeld van vyf mikrogram in elke repie. Selenium speel ’n belangrike rol om jou skildklier-hormoonvlakke te balanseer en reguleer wat verband hou met laer vlakke van depressie. Wetenskaplike navorsing het bevind dat ’n dieet ryk in selenium kan help om geheue te verbeter vir pasiënte wat Alzheimer se siekte het.

Wyma sê verskillende soorte spek is beskikbaar vir mense se behoeftes. Jy kan kies tussen ’n gebalanseerde vet-tot-vleis-ratio met 15 gram vet per reep, of lae-vet opsies soos rugspek wat meer vleis en minder vet het.

“Rugspek is ’n klassieke deel van ’n lekker ontbyt met net sowat 10 g spek per repie, terwyl maer spek net sowat 5 g per 100 g spek, wat die huismense meer plesier gee met minder skuldgevoelens.

“Met hierdie wonderlike voordele, bied spek die perfekte geleentheid om jou oggende weer op te kikker met ’n repie of twee van jou gunsteling-kos vir ontbyt.”
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.