Die presteerders in die afdeling vir gr.6 en gr.7, eerste addisionele taal, is van links Tandolwethu Tshoniswa (derde, Laerskool Brandwag), Noah Kennedy (wenner, St Andrew’s School), Hlalefang Aaron (Laerskool Onze Rust) en Nellie de Beer (organiseerder). Foto: Lientjie Mentz

Die eindronde van die ATKV en Akademia se Uitklopspel is op 15 Oktober by Grey-kollege aangebied.

Leerders van ses provinsies en 55 skole het deelgeneem aan die spelkompetisie, waarvan die algehele wenners op verlede week se geleentheid bepaal is.

Die wenners van Afrikaans Huistaal is van links Mari-Lize Roos, Johan Esterhuizen (ATKV), Megan Cruisckhank, Thomas Rossouw. FOTO: Verskaf

Die uitslae is:

  • Gr.6 en gr.7, Afrikaans eerste addisionele taal (23 spellers) − Noah Kennedy (St Andrew’s School) as wenner; Hlalefang Aaron (Laerskool Onze Rust) tweede; en Tandowethu Tshoniswa (Laerskool Brandwag) derde.
  • Gr.6 en gr.7, Afrikaans huistaal (47 spellers) − Gea March (Laerskool Oranje Noord in Upington) as wenner; Daniël Joubert (Laerskool Fontainebleau in Gauteng) tweede; en Anneri Rossouw (Laerskool Die Rots in Gauteng) derde.
  • Gr.8 en gr.9, Afrikaans eerste addisionele taal (28 spellers) − Alondrea Flooks (St Michael’s School) as wenner; Precious Mkhefa (Brebner High School) tweede; en Ayathandwa Dlayedwa (Hoërskool Van Reede in Oudtshoorn) derde.
  • Gr.8 en gr.9, Afrikaans huistaal (54 spellers): Mischka Fourie (Hoërskool Fichardtpark) as wenner; Mia van der Merwe (Hoërskool Dundee) tweede; en Josua Potgieter (Grey-kollege) derde.
  • Gr.10, gr.11 en gr.12, Afrikaans huistaal (50 spellers) − Mari-Lize Roos (Hoërskool Ferdinand Postma in Noordwes) as wenner; Megan Cruickshank (Hoërskool Linden in Gauteng) tweede; en Thomas Rossouw (Hoërskool Sentraal) derde.
Die presteerders in die afdeling vir gr.6 en gr.7, eerste addisionele taal, is van links Tandolwethu Tshoniswa (derde, Laerskool Brandwag), Noah Kennedy (wenner, St Andrew’s School), Hlalefang Aaron (Laerskool Onze Rust) en Nellie de Beer (organiseerder). FOTO: Lientjie Mentz

You need to be Logged In to leave a comment.