Speler help wêreldsilwer uit Australië bring

Bloemfonteinse rolbalspeler Michiel Kruger het op die Internasionale rolbalvereniging vir gesiggestremdes (IBBA) se wêreld­kampioenskapsbyeenkoms ’n silwermedalje ontvang.


Bloemfonteinse rolbalspeler Michiel Kruger het op die Internasionale rolbalvereniging vir gesiggestremdes (IBBA) se wêreld­kampioenskapsbyeenkoms ’n silwermedalje ontvang.

Die IBBA se wêreldbyeenkoms het van 5 tot 16 Maart in Tweed Heads in Nieu-Suid-Wallis, Australië, plaasgevind.

Die Suid-Afrikaanse span, waarvan Kruger ’n lid was, het teen spelers van lande en streke soos Nieu-Seeland, Skotland, Maleisië, Hongkong, Israel en Engeland meegeding. Dié span het eindelik drie goue, vier silwer- en twee bronsmedaljes gewen en was tweede in die spankompetisie, naas Australië.

Kruger en spanmaat Tracy Smit was tweede in die dubbelspel.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.