Die 14-jarige Donna le Roux het haar eerste junior toernooi van die Internasionale Tennisfederasie (ITF) as ’n promotorskeuse gewen.
Donna het haar landgenoot Celina Joseph Vrydag (11/02) met 6 – 3 en 6 – 3 in die eindstryd in Bloemfontein geklop.
Cecilia het ook as promotorskeuse aan dié internasionale toernooi deelgeneem.
Donna het in haar opmars met die eerste gekeurde Tayla Wilmot in die kwarteindronde afgereken.
In die tweede ITF-toernooi wat Maandag (14/02) in die stad begin het, het sy in die eerste ronde uitgeval. Die wedstryd Maandag is weens reën gestaak, en sy kon nie Dinsdag met die wedstryd voortgaan nie omdat sy siek was.
Donna, wie se pa die gewese Bok-stut Ollie le Roux is, het die naweek ook aan die Midmarmyl-uitdaging deelgeneem.