Bogdan Mandic het saam met sy Suid-Afrikaanse dubbelspelspanmaat ’n tweede plek in die J60 ITF-toernooi behaal.Foto: Verskaf


Twee Bloemfonteiners het goed gevaar op die J60 Cepha ITF-tennistoernooi wat van 3 Februarie tot Vrydag by die Meisieskool Oranje plaasgevind het.

Donna le Roux van die Hoër Meisieskool Oranje, wat eerste gekeur vir die toernooi was, het in die vroue-afdeling gewen.

Sy het Ninon Carpentier in die eindstryd van die meisies enkelspel met 6 – 2, 7 – 5 geklop.

Bogdan Mandic van Grey-kollege (sekondêr) het saam met sy dubbelspel-spanmaat Maksim Mihic na die eindstryd deurgedring, waar hulle teen die span van Groot Brittanje vasgeval het.

Die J100 Cepha ITF-toernooi het Maandag by Oranje begin.

You need to be Logged In to leave a comment.