Leerlinge aan die Hoërskool Fichardtpark het onlangs aan die PSI nasionale binnenshuise hokkietoernooi deelgeneem.

Dié byeenkoms is van 16 tot 22 Desember in Pretoria aangebied.

Barend Vorster het vir die o.14-span uitgedraf. Hy was ook lid van die Bears-span, wat die toernooi gewen het.

Imoné Coetsee, Lana van Deventer en Miike van der Merwe het die o.16-span verteenwoordig. Dié span het ’n algehele vyfde plek behaal.

Die toernooi word jaarliks vir o.11- tot o.18-spelers aangebied.

Topspelers in die toernooi word dan oorweeg vir die All Stars-span wat Suid-Afrika oorsee verteenwoordig.

You need to be Logged In to leave a comment.