Spelers hul skool se trots

Twee van die Laer Meisieskool Oranje se netbalspanne is op pad na die Suid-Afrikaanse kampioenskapsbyeenkoms wat van 11 tot 13 Julie in Randburg plaasvind.


Twee van die Laer Meisieskool Oranje se netbalspanne is op pad na die Suid-Afrikaanse kampioenskapsbyeenkoms wat van 11 tot 13 Julie in Randburg plaasvind.

Dit kom nadat die o.12A- en o.13A-spanne deelgeneem het aan uitspeelwedstryde vir die Vrystaatse kampioenskap.

Die twee spanne het op 31 Mei al hul wedstryde gewen en na die eindstryd deurgedring.

Die o.12A-span het in die eindstryd teen die span van die Laerskool Willem Postma gespeel en met 12 – 5 gewen. Die span is as Vrystaatwenner aangewys.

Die o.13A-span het in die eindstryd teen sy eweknie van Willem Postma gespeel en met 9 – 14 verloor en is dus tweede in dié ouderdomsgroep in die Vrystaat.

Albei spanne was ook die wenner in hul afdeling in die Motheo-liga, wat op 24 Mei beslis is.

Die o.12A-span het Willem Postma met 19 – 6 geklop, en die o.13A-span het gelykop teen Willem Postma gespeel (17 elk). Ekstra tyd is toegeken en Oranje het Willem Postma met 23 – 22 geklop.

You need to be Logged In to leave a comment.