Vier hokkiespelers van die Hoërskool Jim Fouché is tydens die vakansie vir ’n internasionale span gekies.
Die skool se o.19A-hokkiespan het van 5 tot 9 April aan die Belgotex Fairmont-Paasfeestoernooi in Kaapstad deelgeneem.
Op die toernooi is Jordan Plaatjies, Nathan Elliot, Boeta Lessing en Luhan van der Westhuizen gekies om lede te wees van die Travel and Sport Invitational Hockey Team.
Dié span sal volgens beplanning van 3 tot 12 Oktober na Nederland toer.