Die A-span van die Laer Meisieskool Oranje was die wenspan in vanjaar se 20ste Amanda Coetzer-tennistoernooi wat deur dié skool aangebied is.
Die toernooi is van 25 tot 27 Mei op Oranje se tennisbane aangebied en selfs die woeste wind kon dié tennisspelers nie van stryk bring nie.
Oranje se B-span was die naaswenner, met die span van die Laerskool Jordania van Bethlehem derde, Randburg Barbarians vierde, Laerskool Fichardtpark vyfde en die Laerskool Willem Postma in die sesde plek.