Franco Greyling van die Hoërskool Jim Fouché (met die bal) in die rugbywedstryd teen die span van Sentraal in die Wesgrow-sportreeks Saterdag. Hy is as die speler van die wedstryd aangewys. Foto: Verskaf

Die Classic Clash tussen die Hoërskool Jim Fouché (JF) en die Hoërskool Sentraal van 12 tot 17 Mei het vanjaar ook weer deel gevorm van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks in Bloemfontein.

As deel daarvan het daar 17 netbalwydstryde, 13 hokkie en agt rugbywedstryde plaasgevind.

Die naweek het vir JF op ‘n hoogtepunt begin toe die skool se eerste meisieshokkiespan net-net gewen het met 1 – 0.

JF het uiteindelik drie van die meisieshokkiewedstryde gewen en Sentraal vier.

Die speler van die wedstryd was Chenique Erasmus van JF.

In netbal het Sentraal die botoon gevoer met ‘n oorwinning van 40 – 31. Sentraal het 11 wedstryde gewen en JF vyf, met een wedstryd wat gelykop geëindig het.

JF se eerste seunshokkiespan het sy wedstryd oortuigend gewen net 4 – 0. JF se kaptein Gurshwin Matebesi was die speler van dié wedstryd.

In seunshokkie het JF vier wedstryde gewen en een gelykop gespeel. Sentraal het een wedstryd gewen.

JF se eerste rugbyspan het gewen met 37 – 21 met Franco Greyling (JF) wat die speler van die wedstryd was. JF het twee ander wedstryde gewen en Sentraal ses.

Sentraal se leerlinge het Woensdag 20 Mei na Kimberley gereis vir sy wedstryde teen die Hoërslool Diamantveld.

Op Saterdag 24 Mei is dit die Hoërskool Fichardtpark se beurt teen dié opponente van Kimberley.

dummy text

You need to be Logged In to leave a comment.