Spelling in die kol

Leerlinge het hul slag met die mondelinge spel van Afrikaanse woorde gewys in die ATKV se eerste UitklopSpel, waarvan die Vrystaatse uitdunronde op Woensdag 7 Augustus by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) aangeb


Leerlinge het hul slag met die mondelinge spel van Afrikaanse woorde gewys in die ATKV se eerste UitklopSpel, waarvan die Vrystaatse uitdunronde op Woensdag 7 Augustus by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) aangebied is.

Nellie de Beer, wat die UitklopSpel gereël het, sê daar was 123 deelnemers van 17 skole in dié uitdunronde.

Leerlinge moet in graadverband kophou om Afrikaanse woorde reg te spel. Die skole het vooraf spellyste ontvang. In die ronde vir leerlinge in gr. 6 en gr. 7 was dit duidelik dat die kinders goed geleer het. Hulle het begin uitval toe hulle woorde moes spel wat hulle nie vooraf kon leer nie.

Die gr. 10- tot gr. 12-leerlinge moes woorde soos farmaseuties, boerderybenodigdhede en akkommodasie spel.

De Beer sê die kompetisie is gegrond op Spelathon, wat die ATKV van 2014 tot 2019 aangebied het, en wat in die Covid-19-tyd ’n ruk lank as aanlyn kompetisie gehou is.

Die wenners van die Vrystaatse uitdunronde is:

  • gr. 6 en gr. 7, Afrikaans (eerste addisionele taal) – wenner: Zimkhitha Fodo; tweede: Lenneth May (albei van die Laerskool Sentraal); en derde: Hlompho Modisaesi (Laerskool Brandwag).
  • gr. 6 en gr. 7 Afrikaans (huistaal) – wenner: Liana van Niekerk (Laerskool Universitas); tweede: Annabelle Naudé (Laerskool Willem Postma); en 3de: Jo-Anne van Rooyen (Laerskool Fichardtpark).
  • gr. 8 en gr. 9 Afrikaans (huistaal), – wenner: Evert Ceronio (St Andrew’s School); tweede: Mphumelelo Tshemese (Hoërskool Hentie Cilliers); en derde: Miante Pretorius (Hoërskool Fichardtpark).
  • gr. 10 tot gr. 12 Afrikaans (huistaal) – wenner: Janah Swarts; tweede: Jacobus Louerens (albei van die Hoërskool Jim Fouché); en derde: Aiden Britz (Hoërskool Fichardtpark).
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.