Net soos met die watermeters, moet die voorafbetaaldekragmeters ook teen Sondag 24 November opgradeer word.
Verwarring heers onder inwoners oor hoe om te toets of ’n meter reeds oorgeskakel is of nie.
Volgens Centlec is die kode wat op die sosiale media versprei word om te toets of die meter van KRN1 na KRN2 verander het vir Eskom-kliënte bedoel.
Dit blyk ook daar is heelwat ouer meters, wat deur Centlec vervang moet word en wat nie opgradeer kan word nie.
Rig navrae by die WhatsApp-nommer 065-801-3303.