Meubels wat Saterdag 28 September op ’n veiling ten bate van die Kersfonds verkoop gaan word.Foto: Verskaf


’n Veiling ten bate van Sentraal24 en Volksblad se Kersfonds vind op Saterdag 28 September om 08:00 by Bainsvlei-afslaers plaas. Meubels, ’n pragtige ornamentele juk en ander huishoudelike ware sal Saterdag te koop aangebied word.

Voordat mense kan nader staan vir winskopies, bied Bainsvlei-afslaers op Erfenisdag op 24 September ’n Kersfonds-dagjol aan.

Tydens die dag gaan plakkers ten bate van die Kersfonds aan motorfietsryers verkoop word en hulle sal van 10:00 af by die Watergat kan saamkuier. Plakkers vir die uitstappie is teen R100 beskikbaar en die inkomste daaruit gaan aan die Kersfonds geskenk word.

Dié dag volg op ’n vorige Kersfonds-dagjol wat Bainsvlei-afslaers in Junie aangebied het.

Op 6 Junie is ’n veiling by Bainsvlei-afslaers aangebied waarop altesaam R10 050 vir die Kersfonds ingesamel is.

Rig navrae oor die veiling by Betsie Roux by 082-413-9275 en navrae oor die dagjol by Pieter Erasmus by 076-483-6434.

Hiermee ook dank aan almal wat van April 2024 tot Julie 2024 inbetalings vir Sentraal24 en Volksblad se Kersfonds gemaak het.

Dankie aan:

  • NG gemeente Koppies (R5 200,30);
  • NG gemeente Bothaville-Noord (R430);
  • VKHS Trustkersfonds (R4 914,70);
  • NG gemeente Kerkenberg (R158,25);
  • NG gemeente Gardeniapark (R523,20);
  • NG gemeente Taaibosspruit (R6,32);
  • NG gemeente Jagersfontein (R310);
  • NG gemeente Odendaalsrus-Oos (R282);
  • NG gemeente Bultfontein-Oos (R500);
  • NG gemeente Bloemfontein-Wes (R415,06);
  • NG gemeente Rosendal (R54);
  • NG gemeente Riebeeckstad Erfdeel (R1 650);
  • NG gemeente Paul Roux (R2 410);
  • NG gemeente Taaibosspruit (R171); en
  • NG gemeente Edenburg (R637).

Inbetalings vir die Kersfonds kan gedoen word by die volgende bankrekening: Volksblad-Kersfonds, Nedbank 102 981 9980, takkode 117 134.

You need to be Logged In to leave a comment.