Liggaamsbouers kan hulle gereed kry vir die Bloem Classic-liggaamsboukompetisie wat op Bloemskou aangebied word.
Deelnemers ding op Saterdag 29 April op die Coca Cola-verhoog mee. Registrasie word van 10:00 tot 11:30 gedoen.
Hende-Mari Strydom, president van die Wêreldfiksheidsfederasie in Suid-Afrika (WFFSA), nooi atlete van oor die land heen om aan die kompetisie deel te neem.
Twee nuwe afdelings word vanjaar by die kompetisie ingesluit: een vir die mees estetiese liggaamsbou en een vir deelnemers met ’n fisieke gestremdheid. Kaartjies vir toeskouers, wat nie toegang na die res van Bloemskou insluit nie, kos R150.
Voorafregistrasie kan nou reeds gedoen word. Registreer en vind meer uit deur Johan Botha by 079-722-7068 te bel.