Deelnemers aan Bloem Classic in 2019.Foto: Reblex Photography


Liggaamsbouers kan hulle gereed kry vir die eerste Bloem Classic-liggaamsboukompetisie wat aangebied word nadat dit twee jaar agtereen­volgens afgestel is.

Dié kompetisie is voor Covid-19 jaarliks as deel van Bloemskou aangebied.

Vanjaar ding liggaamsbouers op Vrydag 6 Mei om 17:00 op die Coca Cola-verhoog mee.

Hende-Mari Strydom, president van die Wêreldfiksheidsfederasie in Suid-Afrika (WFFSA), nooi atlete van oor die land heen om aan die kompetisie deel te neem.

“Deelnemers kan in 23 afdelings meeding, en daar is lekker pryse op die spel,” sê Strydom.

Registrasie kan die oggend van 08:00 tot 10:00 op die skou­terrein gedoen word.

Inskryfgeld is R250 per atleet, met ’n bykomende R100 per afdeling. Inskrywing vir die Jean- en Glamour-afdelings kos R250.

Deelnemers moet hul musiek tydens registrasie inhandig. Verhoogfoto’s sal teen R150 geneem word.

’n Beperkte aantal toegangskaartjies vir BBP-gaste is teen R200 elk beskikbaar.

Registreer vooraf by Johan Botha by 079-722-7068.

Deelnemers kan in 23 afdelings meeding
– Hende-Mari Strydom

You need to be Logged In to leave a comment.