Paartjies wat sedert Augustus 2022 getrou het, word genooi om hul mooiste foto in te skryf vir Bloemnuusse Troufoto van die jaar-kompetisie. Inskrywings word nou ingewag.
Ook dié wat in Junie en Julie trou, kwalifiseer nog om hul foto in te skryf. Paartjies moet in Bloemnuusse lesersgebied woon.
Die wenfoto sal in Augustus op Bloemnuusse voorblad pryk. Al die inskrywings sal ook weekliks soos dit ontvang word op Bloemnuusse Facebook-blad verskyn.
Skryf só in:
Heg een foto in jpeg-formaat aan ’n e-pos en stuur dit na lientjie.mentz@media24.com met die volgende inligting in die boodskapveld: die naam en van van die bruid en bruidegom; in watter dorp of stad woon bruidspaar ná troue; datum van die troue; dorp of stad waar troue gehou is; en naam en van of ateljee-naam van fotograaf.
Inskrywing sluit op 31 Julie om middernag. Geen laat inskrywing word aanvaar nie.