Vier lede van die White Tigers Koreaanse krygskunsateljee het toppryse ontvang op ’n kam-pioenskapbyeenkoms wat op Saterdag 22 Julie aangebied is.
Altesaam 16 lede van White Tigers het deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Koreaanse Gevegskunsvereniging (SAKMAA) se Vrystaatkampioenskappe vir Koreaanse krygskuns wat in Bloemfontein aangebied is.
Die White Tigers het 34 goue, 22 silwer- en 7 bronsmedaljes op die kampioenskap verower.
Al die verskillende Koreaanse krygkunsklubs en style van oor die land heen, het teen mekaar meegeding.
Daar was ongeveer 100 studente vanaf klubs in Bloemfontein, Kroonstad, Ladybrand, Pretoria en Klerksdorp.
Van die style was Amerikaanse Taekwondo (ATA), Taekwondo Internasionaal (TISA), Global Taekwon-do Martial Arts (GTMA), Tang Soo Do, Koreaanse Gevegssisteme (KFS) en skopboks Kickboxing.
Die White Tigers het ook die trofees verower vir die beste studente van die dag. Eben Swanepoel is as die beste senior man aangewys, Jenny Botha die beste senior vrou, Teagan Schoeman (11) as die beste junior meisie en Marco Frankim (9) as die beste junior seun.
Goue medaljes is verower in Koreaanse Vorms:
Marco, Jacques Hugo (10); Teagan, AJ van der Walt (10); Jenny, Crizelda Hugo (14); Philippus van der Berg (8); Eben Swanepoel, Sean le Roux en Caiden Carrick (15).
Goud in Koreaanse wapenvorms: Jacques, Teagan, Crizelda, Eben en Caiden.
Goud in aanvalswapengevegskuns: Marco, Jacques en Caiden.
Gevegspunte – goud: Marco, Jacques, Teagan, AJ, Jenny, Eben, Sean, Caiden en Petrolene le Roux.
Goud in ligte kontak-geveg: Marco, Teagan, AJ, Jenny, Philippus, Sean en Caiden.
Goud in gevorderde kontakgeveg: Teagan, Jenny en Hanro Hugo.
Meester-instrukteurs Liza Coetsee-Hugo (6de Dan), Chris Strydom (3de Dan) en Eben Swanepoel (2de Dan) is die afrigters van die White Tigers.