Nico Nicolaisen (69), ‘n oud-leerling van Grey-kollege is verlede week oorlede. Hy het aan Alzheimer se siekte gely.
Nicolaisen was op sy dag ‘n Springbok-landloopatleet. Hy was vir jare ‘n rekenmeester en sy atletiekgeskiedenis vorm deel van die AVBOB-museum se uitstalling.
Benewens sy werk by AVBOB, was hy ook takbestuurder van die destydse Trust Bank en uitvoerende hoof van Reseptkor.
Hy was die oudste broer van Anton Nicolaisen, self ‘n groot atleet op sy tyd.
Die begrafnisdiens is Saterdag 14 Junie om 11:00 in die Woodland Hills Gemeenskapskerk.