
’n Kantoor van Continuing Education for Africa (Cefa), wat opleiding vir maatskaplike hulpwerkers en jeugwerkers bied, is op 15 Februarie by Vrystaat-Versorging in Aksie (VVA) se kantoor in Bloemfontein geopen. Verteenwoordigers van verskeie liefdadigheidsorganisasies wat van Cefa se dienste gebruik maak, het die geselligheid bygewoon. Van links is dr. Karien Lubbe (uitvoerende hoof van Cefa), Karen van Rooyen (kantoorhoof in Bloemfontein), Hendrien de Klerk (fasiliteerder), Langi Malamba (Suid-Afrikaanse Raad vir Maatskaplike Diensberoepe), Susan Potgieter (fasiliteerder) en Marietjie van der Heever (nasionale hoof van opleiding).Foto: Lientjie Mentz