Staan opsy, jonges wil wys hoe hulle rol

Honderde jongmense van so jonk soos sewe jaar trek van Maandag (03/04) af in Bloemfontein saam vir die jaarlikse rolbaltoernooi vir juniors.


Lede van die o.18-span is van links Mickey Brown, Christiaan Botha, Nina Viljoen en Carissa Boje.

Honderde jongmense van so jonk soos sewe jaar trek van Maandag (03/04) af in Bloemfontein saam vir die jaarlikse rolbaltoernooi vir juniors.

Spelers van oor die land heen verteenwoordig hul provinsiale distrikte in die o.15-, o.18- en o.25-ouderdomsgroepe .

Die spanne kom uit alle uithoeke van die land en verteenwoordig 18 provinsiale distrikte.

Altesaam 248 spelers sal in 62 spanne in die onderskeie ouderdomsgroepe meeding.

Die o.15- en o.18-spanne (152 spelers) speel by die Orangia-rolbalklub en die o.25-spanne (96 spelers) speel by die Oud-studente-rolbalklub.

Die opening vind Maandag plaas en die eindstryd van alle ouderdomsgroepe Donderdag (06/04) by die Orangia-klub.

Daar sal spelers van sewe en agt jaar in die o.15-spanne deelneem. Hulle is net-net in staat om die kleinste rolbalgrootte te hanteer.

Verder sal die sewe-jarige Parker Perry se pa, Wayne, die toernooi met fyn belangstelling volg. Hy het Suid-Afrikaanse kleure in rolbal verwerf en sal Parker beslis langs die baan aanmoedig.

Ivan van Rooyen van Orangia sê die groot getalle jong deelnemers is ’n aanduiding dat die spel groei.

Suid-Vrystaat is trots op die 20 spelers wat die streek verteenwoordig

Lede van die o.25-spanne is van links Mardian Bezuidenhout, Mia du Randt, Liebe Boje, Elizabeth Carr en Trevor Geel. Foto’s: Lientjie Mentz

Die Suid-Vrystaat se o.25-span is:

  • Mardian Bezuidenhout (19) van die Munisipale Rolbalklub (Munsies);
  • Mia du Randt (15, die Hoër Meisieskool Oranje, Weermag-rolbalklub);
  • Liebe Boje (18, Oudstudente-rolbalklub);
  • Elizabeth Carr (21, Munsies);
  • Trevor Geel (23, Munsies);
  • Jeandre van Zyl (20, Sishen-rolbalklub); en
  • Pieter Kleinhans (21, Oudstudente).

Die Suid-Vrystaat o.18-span bestaan uit:

  • Mickey Brown (15, Oranje, Weermag);
  • Christiaan Botha (15, die Hoërskool Jim Fouché, Munsies);
  • Nina Viljoen (15, Oranje, Weermag); en
  • Carissa Boje (15, tuisonderrigstudent, Oudstudente).

Die kinders in die o.15-spanne is van links, voor: Erich Boje, Karli van der Sandt, Parker Perry en Rugard van Wyk; agter: JJ Strydom, Galaletsang Seitheisho, Lisa du Randt, Xander Nikolov, Ewald Boje en Karli Botha.

Die Suid-Vrystaat se o.15-span bestaan uit:

  • JJ Strydom (14, Jim Fouché, Weermag);
  • Galaletsang Seitheisho (13, die Laerskool Onze Rust, Oudstudente);
  • Lisa du Randt (14, Oranje, Weermag);
  • Xander Nikolov (13, Jim Fouché, Oudstudente);
  • Ewald Boje (13, tuisonderrigstudent, Oudstudente);
  • Karli Botha (14, Jim Fouché, Munsies);
  • Erich Boje (8, die Laerskool Willem Postma, Oudstudente);
  • Karli van der Sandt (11, die Laerskool Fichardtpark, Bloemfontein-rolbalklub);
  • Parker Perry (7, A+ Students Langenhovenpark, Munsies); en
  • Rugard van Wyk (12, Laerskool Universitas, Oudstudente).

Die afrigters en spanbestuurders is van links Ilze Nikolova (Oudstudente), Elizna du Randt (Weermag), Johan Bouillon (Munsies), Marius Jansen van Rensburg (Weermag), Garth Nicolao (Oud­studente), Idalia Venter (Oudstudente) en Marius Bezuidenhout (Munsies).
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.