Stad se motors op die pad gehou

Bloemfontein Batterye, gestig in 1962, is ‘n prominente verskaffer van voertuigbatterye.

Bloemfontein batterye

Bloemfontein Batterye is ‘n vertroude naam as dit kom by voertuigbatterye in die stad.

Die onderneming is in 1962 begin deur drie direkteure, naamlik Rudie Oosthuizen, Eric Vermeulen en Dick Rabie.

In 1984 het die onderneming uitgebrei met Vrystaat Batterye.

Sedert 1998 is Bloemfontein Batterye ‘n agentskap vir Willard-batterye.

Frikkie Vermeulen en sy seun Grant – wat die derde geslag Vermeulens in die onderneming is – is deesdae aan die stuur van sake by die werkswinkel by Zastronstraat 57.

Meeste mense aanvaar dat hul voertuig se battery maklik vir vyf jaar sal kan diens doen.

Hierna kan hulle óf ‘n nuwe battery aankoop, óf die ou battery laat opknap.

“Willard is ‘n baie goeie naam as dit kom by voertuigbatterye,” sê Grant oor hul produkte.

“Ons gee ‘n waarborg van 25 maande op voertuigbatterye en hanteer alle eise by die onderneming self,” verduidelik Grant.

Hulle giet ook nuwe pole op batterye.

Klante wat hul motors na die werkswinkel bring, kan hul batterye gratis laat toets.

“Ons ry ook uit na klante tydens werksure en pas batterye op die perseel.”

Bloemfontein Batterye is weeksdae oop van 08:00 tot 17:00 en Saterdae van 08:00 tot 12:00.

Besoek Frikkie en sy span vir jou volgende voertuigbattery.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.