4voet

Thunder, Chrisna Ellis se skaaphond, is in die derde plek in die afdeling vir oulikste groot honde aangewys.
4

Pokkenopster, ingeskryf deur Viona Pretorius, is derde in die afdeling vir katte.
4

Laaitie, Freddie Kirsten se klein windhond, is derde in die foto­genies-afdeling.
4

Annelize van der Bank se mopshond Krokkies het ’n derde plek in die afdeling vir oulikste klein honde gekry.
4

Lisa Botha met Oreo is derde in die afdeling lyk soos my mensevriend.
4

Schalk Botes se boerboel Beast is as die naaswenner in die afdeling vir oulikste groot honde aangewys.
4

Elrine Mitchell se worshond Caitlin is tweede in die afdeling fotogenies.
4

Hilda Mokone se kat Milo het ’n tweede prys in die afdeling vir katte gekry.
4

Christian Korff en die beagle Max het ’n tweede plek in die afdeling lyk die meeste soos my mensevriend gekry.
4

Elna van der Walt se schnauzer Cola het die tweede plek in die afdeling vir klein honde verwerf.
Die wenners van Fleurdal Mall en Bloemnuus se 4VoetBesteVriend-kompetisie is aangewys.

Armani is die wenner van die DBV-geskenkpak ter waarde van R400. Sy eienaars kan die geskenkpak by die DBV gaan afhaal.

Die Bloemnuus-geskenkpakke vir die vyf wenners kan ook by die DBV afgehaal word.

Al die ander pryse kan volgende week by Fleurdal Mall afgehaal word.

Die wenners in die afdelings fotogenies, oulikste groot hond, oulikste klein hond, oulikste kat en lyk die meeste soos my eienaar ontvang die volgende pryse:

* ’n troeteldier-geskenkpak ter waarde van R3 000 van Checkers Hyper Fleurdal;

* ’n foto van die inskrywing op doek vasgelê deur Photo and Frame in die Fleurdal Mall (ter waarde van R300);

* ’n Wimpy Fleurdal-geskenk­bewys ter waarde van R250;

* oorfone, geborg deur Adcomp; en

* ’n geskenkpak, komplimente van Bloemnuus.

Die naaswenners ontvang die volgende pryse:

* R200 se lugtyd, geborg deur Chat 2 Us Cellular; en

* ’n Fancy Face-geskenk­bewys ter waarde van R300.

Ander pryse vir naaswenners is, volgens afdeling:

Fotogenies:

* ’n Fleurdal Mall-geskenk­bewys ter waarde van R1 000;

* ’n Lilly’s Biltong Bar-geskenkpak ter waarde van R300; en

* ’n 25 kg-pak hondekos, ter waarde van R370, geborg deur Crazy Plastics in die sentrum.

Oulikste groot hond:

* ’n Lotter Pine-geskenkbewys ter waarde van R1 500; en

* ’n 25 kg-pak hondekos, ter waarde van R370, geborg deur Crazy Plastics.

Oulikste klein hond:

* ’n oogtoets, enkelvisie lense en getoetste enkelvisie sonbril, ter waarde van R2 500, geborg deur Optic Edge; en

* ’n 25 kg-pak hondekos, ter waarde van R370, geborg deur Crazy Plastics.

Katte:

* ’n stofsuier, ter waarde van R1 100, geskenk deur House & Home;

* ’n 10 kg-pak katkos, ter waarde van R260, geskenk deur Crazy Plastics; en

* ’n geskenkpak, ter waarde van R300, geborg deur iParty Fleurdal Mall.

Lyk soos my eienaar:

* ’n Fleurdal Mall-geskenk­bewys ter waarde van R1 000;

* ’n 10 kg-pak katkos, ter waarde van R260, geskenk deur Crazy Plastics; en

* ’n Woolworths Fleurdal-geskenkbewys ter waarde van R250.

Al die derdeplekdeelnemers kry ’n Fleurdal Mall-geskenkbewys van R500.

Besigtig die ander inskrywings in die Fleurdal Mall. Rig navrae oor die pryse by 051-522-8141.

You need to be Logged In to leave a comment.