Ster maak golwe

Die Bloemfonteinse ster-mense­redder Len-Douglas Mac Kay is ingesluit in die Suid-Afrikaanse senior span wat van 15 tot 18 September aan die vierjaarlikse Statebondspele in Windsor, Kanada, gaan deelneem.

Hy is die enigste mense­redder van die Vrystaat wat in die nasionale span ingesluit is.

Die span is op 27 Mei tydens die Suid-Afrikaanse Interprovinsiale Mense­reddingskampioenskaps­byeenkoms in Durban aangekondig.

Mac Kay het in die kampioen­skap meegeding in die ysterman-nommer, wat behels dat deelnemers 400 m swem, 200 m hardloop, 800 m branderplank ry en 600 m plankswem.

Hy het ook op 6 Mei aan die inter­provinsiale kampioenskapsbyeenkoms in Pretoria deelgeneem. Hier het hy twee eerste plekke, ’n tweede plek, ’n derde plek en twee vierde plekke behaal.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.