Steve Hofmeyr en Demi Lee Moore tree op 8 September in die Sand du Plessis-teater op.


Steve Hofmeyr en Demi Lee Moore sal op 8 September die eerste keer saam in Bloemfontein optree.

Die gehoor kan uitsien na die twee kunstenaars se individuele vertonings, asook moontlik ’n liedjie of twee wat hulle saam gaan sing. Dit beloof om 150 minute van heerlike vermaak te wees.

Die vertoning vind in die Sand du Plessis-teater plaas.

Kaartjies kos van R300 tot R350 en is weeksdae van 08:30 tot 17:00 en Saterdae van 09:00 tot 12:00 by Pacofs se kantoor by die teater beskikbaar.

You need to be Logged In to leave a comment.