Lede van die Fanie van Rooyen-stoeiklub het talle medaljes verwerf op die Vrystaat-kampioenskap wat op 3 September in Bothaville aangebied is.
Medaljewenners
- Gauchè Gous – o.10, goud;
- Pieter van Rooyen – o.10, silwer;
- Janrich Kapp – o.9, goud;
- Koot Snyman – o.7, goud;
- CW Randall – o.7, silwer;
- Ethan Adams – o.15, goud;
- Nico Orsmond – o.13, brons;
- Sion van der Berg – o.9, brons;
- Veroniq van der Berg – goud in o.13 en silwer in o.15; en
- Alexius Jooste – o.15, goud.
Die meeste van dié stoeiers gaan van 6 tot 8 Oktober aan die Suid-Afrikaanse nasionale kampioenskap in Kaapstad deelneem.