Stoeiers van die Van Rooyen-stoeiklub in Bloemfontein het op 20 Mei aan die Vrystaatse ope-toernooi deelgeneem.
Die presteerders wat almal in hul onderskeie ouderdomsgroepe in vrystyl deelgeneem het, is:
- Phillip Vermeulen (o.9) van die Laerskool Fichardtpark wat goud ontvang het;
- Couché Gous (o.11) van die Laerskool Jim Fouché wat goud ontvang het;
- Timo Nel (o.9) van Grey-kollege (primêr) – silwer;
- Eurik van Niekerk (o.8) van Grey-kollege – brons;
- Francois Wessels (0.8) van Grey-kollege – brons; en
- Pieter van Rooyen (o.11) van Grey-kollege – vyfde plek.