Bloemskou vier aanstaande jaar van 27 April tot 6 Mei die mylpaal van 140 jaar in die bedryf met ’n behoorlike partytjie.
“Ná ’n suksesvolle Bloemskou 2022 ondanks uitdagings en Covid-19-regulasies, is beplanning vir Bloemskou 2023 reeds volstoom aan die gang,” sê Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof van Bloemskou.
“Ons gaan besoekers verras met ’n vol vermaakprogram, 22 landboukampioenskappe, ’n verskeidenheid buite-uitstallers, lekker kos en kuierruimtes en ’n splinternuwe aanslag met ons binne-uitstallers.”
Sy verduidelik die skou se uitstalsale sal in segmente verdeel word wat tot verskillende teikenmarkte sal spreek.
“Die fokus is op gehalte en verskeidenheid. Verrassend anders!”
Uitstaller-afdelings sluit in eko-vriendelike oplossings, tuine, landskapsargitektuur, sonkrag- en wateroplossings, tegnologie, elektroniese toerusting, selfoontegnologie, dekor, kombuise, badkamers, slaapkamers, meubels en kuns, buitelewe, kampeer- en selfdoentoerusting, klere, skoene, baadjies, bybehore, handsakke, hare en skoonheid, motors en motortoebehore en dan natuurlik die tradisionele fokus op kinders, heerlike kos, drinkgoed en eetgoed, koffie, jenewer, bier en alles wat lekker is.
“Ondernemings wat wil deel wees van hierdie besonderse geleentheid in die Vrystaat, moet seker maak hulle bespreek betyds vir die geleentheid.
“Ons skou uit die gemeenskap, vir die gemeenskap.”
Deel gerus jou betrokkenheid en staaltjies van Bloemskou oor die afgelope 140 jaar deur ’n e-pos na info@bloemskou.co.za te stuur. Tien gelukkige deelnemers sal elk ’n skoukaartjie wen.
Vir meer inligting kontak 051-448-9894, of besoek bloemskou.co.za.
Uitstalruimtes is nou beskikbaar. Doen aansoek by bloemskou.co.za en voltooi die aanlyn aansoekvorm.