Bome is omgeruk en sinkdakke is afgeruk toe ‘n storm laatmiddag dele van Bloemfontein getref het.
Inwoners het videos geneem van bome wat wortel en al uit die grond geruk is gedurende erge reën en winde in Hilton.
‘n Inwoner van Noordhoek sê talle winkels en pakhuise is in Hilton beskadig en sinkdakke is afgeruk. Hy het video’s gemaak toe hy laatmiddag na sy huis in Noordhoek op pad was.
Talle foto’s wys die skade, ook aan motors wat in die storm vasgevang is.
Met erge reën wat oor dele van die stad geval het, het daar net 16 mm in Pentagonpark geval.
Nog reën word vir Woensdag (31/05) voorspel.


