Die kort, maar kragtige reënbui wat die noorde van Bloemfontein op 27 November getref het, sal onthou word weens die hael en wind wat daarmee gepaard gegaan het.

By sommige plekke is dit as ’n wolkbreuk ervaar.

In die noorde is daar op plekke 55 mm gemeet.

Dit bring die totaal vir November op 210 mm stoot en die algehele syfer vir die jaar op 917 mm.

Alet van der Walt berig op Netwerk24 dat daar nog baie reën in die somerreënvalstreek verwag kan word omdat die La Niña-toestande vir die res van die somer gaan voortduur.

Dié verskynsel veroorsaak meer reën in sekere dele van Suid-Afrika.

Vir Desember, Januarie en Februarie word reënval van 33% tot 50% hoër as die seisoenale gemiddelde vir die hele land se somerreënvalgebied voorspel.

You need to be Logged In to leave a comment.