Die noordelike stortingsterrein brand al vanoggend van vroegdag af.Foto: Verskaf


Bloemfontein se noordelike en suidelike stortingsterreine brand al van gisteraand af.

Die waarnemende departementshoof van die Mangaung-metro se afdeling vir vullisverwydering, Francois Nel, sê hulle is bewus van die brande.

“Normaalweg is die brande geïsoleer, maar vanoggend is die terreine oral aan die brand gesteek.”

Hy sê sy afdeling doen alles in hul vermoë om die situasie onder beheer te kry.

“ ’n Formele ondersoek sal gedoen word. Ons vermoed daar is elemente wat die aktiwiteite hier aanspoor.”

’n Versoekskrif is onlangs opgestel waarop inwoners klagtes oor die noordelike stortingsterrein, wat baie probleme vir inwoners in die onmiddellike omgewing veroorsaak, kan invul.

Hier is die skakel om die vorm in te vul: https://forms.gle/vZWDJx7Tr3BjhU9Z6

You need to be Logged In to leave a comment.